Andesbeskawings

Landbouterrasse is van die vroegste dae af in die Andes aangelê.

Die Andesbeskawings of Andiese beskawings was gemeenskappe van baie kulture en volke wat hoofsaaklik in die riviervalleie van die kuswoestyne van Peru ontwikkel is. Hulle het suidwaarts met die Andes af gestrek van Suid-Colombia tot Chili en Noordwes-Argentinië. Argeoloë glo die Andesbeskawings het eerste op die nou kusvlakte van die Stille Oseaan ontstaan. Die Norte Chico-beskawing van Peru is die oudste bekende beskawing in die Amerikas en dateer van 3200 v.C.[1]

Ondanks groot omgewingsuitdagings het dié beskawings 'n groot verskeidenheid gewasse aangeplant, waarvan sommige wêreldwyd van belang is. Hulle was ook bekend vir monumentale argitektuur, tekstielweefwerk en baie kenmerke van die gemeenskappe wat hulle geskep het.

Minder as 'n eeu voor die aankoms van die Spaanse veroweraars het die Inkas, vanaf hulle tuisland wat om die stad Cusco gesentreer was, die meeste van die Andeskulture in 'n enkele ryk verenig. Dit was 'n lappieskombers van tale, kulture en volke.

Die Spaanse verowering het baie elemente van die Andesbeskawings beëindig of verander, veral godsdiens en landbou.

  1. Shady Solis, Ruth; Jonathan Haas; Winifred Creamer (27 April 2001). "Dating Caral, a Preceramic Site in the Supe Valley on the Central Coast of Peru". Science. 292 (5517): 723–726. Bibcode:2001Sci...292..723S. doi:10.1126/science.1059519. PMID 11326098. S2CID 10172918.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search